1. Wanneer vind die Protea Cullifest plaas?
27 April -28 April 2024
2. Waar vind die Protea Cullifest plaas?
NG Kerk Premiermyn-feesterrein, 12 Zonderwater Road, Cullinan, Gauteng (Google Maps “Protea Cullifest”)
3. Is daar veilige/voldoende parkering?
Ja daar is voldoende parkering
4. Sal daar vermaak vir kinders wees?
Ja, groot pretpark.
5. Word daar slegs Proteas by die Protea Cullifest verkoop?
Nee, daar sal proteas en protea plante, sowel as ander plante te koop wees. Daar is ‘n groot verskeidenheid van stalletjies.
6. Hoe laat maak die Protea Cullifest terrein hekke oop?
Die feesterrein hekke maak 08:30 oop.
7. Kan ek kaartjies koop by die hekke of slegs aanlyn?
Ja, daar is kaartjies by die hekke beskikbaar, maar ons beveel aan dat kaartjies aanlyn gekoop word by iTickets.co.za om lang rye te vermy


8. Sluit my kaartjie die kunstenaars se optredes in?
Ja, die kaartjie sluit toegang tot die optredes van die kunstenaars in.
9. Is daar kaartfasiliteite of slegs kontant?
Die meeste stalletjies aanvaar kaarttransaksies, maar kontant in die sak sal goed wees vir diegene wat nie fasiliteite het nie.
10. Vraag: Is daar ‘n OTM op die perseel?
Ja, FNB OTM is beskikbaar.
11. Kan ek nog aansoek doen vir ‘n stalletjie?
Kan ek nog aansoek doen vir ‘n stalletjie?
Slegs tot Vrydag 12 April 2024, waarna aansoeke gesluit sal wees.
12. Mag ek my troeteldier saambring?
Nee, ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat op die feesterrein nie.
13. Is die terrein rolstoel-vriendelik?
Ja, daar is in Zonderwaterweg spesiale parkeerplek vir rolstoelvoertuie en die feesterrein is gelyk grasoppervlakte.
Waar is ons
NG Kerk Premiermyn Feesterrein, Plot 12, Zonderwaterweg, Cullinan, Gauteng.
Tye
M – F : 8am–5pm
Sat : 11am–6pm
Son : Oop