PROTEA CULLIFEST 2020

25-27 April

NG Kerk Premiermyn Feesterrein, Plot 12,
Zonderwaterweg, Cullinan, Gauteng

Day(s)

:

Hour(s)

:

Minute(s)

:

Second(s)

Merk solank die datums 25 tot 27 April 2020 in jou dagboek, want die Protea Cullifest is een fees wat jy nié wil misloop nie.

Hierdie gewilde familiefees in Cullinan word dié keer oor ’n volle drie dae aangebied en 2020 s’n gaan ekstra spesiaal wees: Dis die Protea Cullifest se 20ste herdenking, asook die NG Kerk Premiermyn se 100ste bestaansjaar. Soveel te meer rede om GROOT fees te vier!

Die Protea Cullifest  bied iets vir oud en jonk, van ’n biertent tot ’n pretpark en ’n verskeidenheid stalletjies met eetgoed, drinkgoed en natuurlik mooi goed vir jou en jou huis. Maak ook ’n draai by die blommestalletjies waar proteas en ander plante te koop sal wees.

Feesgangers kan ook voor die buitelugverhoog uitspan vir ’n dag van topklas-vermaak vir die hele gesin. Van die bekendste stemme in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gaan daar wees, soos Jo Black, Roan Ash, Saarkie, Appel, Janie Bay, Liezel Pieters, Leah, Die Flooze, Fatman, Onbeskaamd en nog vele meer.  Volledige feesprogram word binnekort bekend gemaak.

Die #oorspronklike Protea Cullifest is in hart en siel ’n goedvoelfees – dit is ’n fees deur die gemeenskap vír die gemeenskap. Dit word op die NG Kerk Premiermyn se terrein in Zonderwaterweg, Cullinan, aangebied en dien ook gedeeltelik as ’n fondsinsameling vir die kerk en die Christelike Maatskaplike Raad.

Met die Protea Cullifest 2019 het amper 10 000 voete na die fees gestroom en die Protea Cullifest 2020 byeenkoms beloof om netso gewild te wees. Spring dus die tou vry en koop jou kaartjies vooraf aanlyn! Kaartjie prys: R100 – Volwassenes | R80 – Pensionarisse | R50 – Kinders >6jr | GRATIS – Kinders <2jr

Moenie die Protea Cullifest 2020 die klein fees met die GROOT hart misloop nie!

Volg ons gerus op https://www.instagram.com/proteacullifest/ en https://www.facebook.com/OriginalProteaCullifest/

Hou Gerus Dop

Hou ons webblad en facebook page dop, ons kondig binnekort nuus oor die fees aan en ons kunstenaars.

Algemene stalletjies

Alle produkte wat nie op die perseel vervaardig word om te kan eet nie. Handgemaakte produkte; Allerlei produkte bv kinderspeelgoed, klere, plante, binnehuisversiering artikels; Toebehore vir huis, tuin, kamp ens. Tuisgemaakte ingelegde konfyt, piekels ens. en vooraf verpakte produkte. .

Verversings stalletjies

Alles wat voorberei word op die perseel en geëet of gedrink kan word. Sluit in spookasem, springmielies en slush puppy wat daar voorberei word. Die NG Kerk Premiermyn het die alleenreg tot die verkope van water, koeldranke en bedryf ook die Biertuin en Wyntuin.

Kontak ons gerus

E-pos: info@cullifest.co.za

Let asb daarop dat alle stalletjie aansoeke reeds gesluit het.